A.2.2. Die Woorde van God – Beoordeel die hart – Deel 2 van 9

Verse vir Vandag

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” – ‭‭HEBREËRS‬ ‭4:12-13‬ ‭AFR53‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Die Bybel is relevant vandag vir ons daaglikse lewe. Dit is lewend en kragtig. Is die Bybel vir jou lewend en kragtig in jou lewe? Indien nie vra ‘n vriend wat geestelik is om jou te help. 
  2. Die woord sal jou sny. As ons eerlik met onsself is, is dit baie keer ontnugterend. 
  3. Ons moet leer dat dit goed is om gesny te word deur God se woorde; want dit sny al die sonde (kanker) uit ons lewens uit. Wanneer laas het jy gepraat oor wat regtig in jou lewe aangaan?

Gebed vir Vandag

Goeie more Here. Dankie vir ‘n nuwe dag. Die bosveld is waarlik bekorend met sy sons opkoms en ondergang wat so rooi op die horison verskyn, ek gaan dit mis in die stad. Dit bring U almag tevoorskyn elke oggend. Asook die voels se geknetter in die oggend wat jou wakker maak is beter as enige wekker. 

Here ek bid vanoggend dat U woorde lewend en kragtig sal wees in my lewe. Dat ek dit nie net sal lees omdat dit ‘n goeie ding is om te doen nie, maar dat my lewe vir die goeie daarvolgens kan verander. 

Ek dink Here die rede hoekom Bybels soveel stof vergaar in huise is omdat dit ons bedoelens en gedagtes van ons hart blootstel aan ons, U weet dit alreeds. Ek bid dat my bedoelings en gedagte eerbaar sal wees voor U. Een ou het gese dit is soo goed as wat jy ‘n TV skerm agter jou kop het, en almal kan sien wat jy dink en voel. Sal ek gevly voel of vernederd Here? 

Here as die woord ons bedoelens en gedagtes van ons hart beoordeel sal U ook eendag op die oordeelsdag ons beoordeel daarvolgens. 

So ek sal eerder nou beoordeel word deur U woord en verander as wat ek eendag skuldig staan voor U.

Here ek bid dat ek die woord sal aangryp asof dit my laaste uitweg is in die lewe en toelaat dat dit my sny sodat ek geestelik gesond kan word. 

Amen

Die Woorde van God – Interpretasie daarvan – Deel 3 van 9