Die Koningkryk

“Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak. En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan.”” – LUKAS‬ ‭18:32-33‬ ‭

Self Jesus het die goeie nuus verkondig.

As ons volgelinge van Jesus is mag ons dieselfde behandeling deur die wereld verwag. Ek dink dit is Petrus wat gese het ons moet nie ver baas wees as ons ly ter wille van Christus nie.

Jesus het sy eindoel in die oog gehou. Hy het aan ons gedink toe hy gely het. Jesus het ‘n doelwit groter gehad as homself, Hy het gedink aan die mensdom wat moes gered word. Net ook so moet ons, ons identiteit vind in Jesus.

Ek het onlangs ‘n begrafnis bygewoon van ‘n vriend wat selfmoord gepleeg het. Sy werk was sy alles. Sy sekuriteit, sy mense verhoudings, sy vervulling,… Toe hy nie meer werk kon kry nie het hy waardeloos gevoel asook dat almal teen hom was. Wat hartseer was, was dat hy gevoel het geen van sy vriende in sy “kerk” hom regtig wou help nie. Al het hy sy bybel gelees het hy nog steeds ver van God gevoel. Al het mens met hom oor God gepraat en hom aangespoor om sy hoop in God te sit het hy nie daarop gereageer nie.

Wat leer ons hieruit?

As jy nie jou identiteit in Jesus vind nie gaan jy dit in die wereld probeer vind en dit is net teleurstellend.

Soek God met jou hele hart en jy sal hom vind. Ps119:1-2

Amen

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s