Dissipelskap = Dissipels maak Dissipels – Deel 1 van 6

Verse vir Vandag

“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”” – MATTEUS‬ ‭28:18-20‬ ‭AFR83‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Wat wil Jesus he moet ons almal word?
  2. Watter term is meer gewild – “Dissipel” of “Christen”? Die woord “Christen” kom drie keer in die Bybel voor in die nuwe testament. Dit is die naam wat die heidene die dissipels gegee het, sewe jaar nadat die eerste kerk begin is (Hand 11:19-26). Die woord “Dissipel” kom 270 keer voor in die nuwe testament.
  3. Gered = Christen = Dissipel
  4. Jesus het gekom om dissipels te maak. Alleenlik dissipels wat gedoop is sal gered word.

Gebed vir Vandag

Here ek weet dat U laaste woorde aan ons voordat U opgevaar het baie belangrik was en is.

Here as alle mag en krag aan U gegee is deur die Vader dan is dit tog woorde wat ek ter harte moet neem.

Dis ongelooflik Here dat U wil he ons moet almal dissipels wees van U wat op die ou end beteken dat ons studente van U moet wees of ‘n ander woord is ‘n volgeling.

Here ek verstaan nadat ek ‘n dissipel van U geword het moet ek gedoop word in die naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees. Here ek het altyd gewonder hoekom ek gedoop moet word; maar dit is vir die vergifnis van my sonde en om die Heilige Gees te ontvang. (Hand 2:38)

En verder verwag U ons om die mense wat ons dissipels gemaak het en gedoop het om hulle te leer om alles te onderhou wat U ons beveel het.

Shoe Here dis ‘n mondvol. Ek weet ek kan dit alleenlik doen deur U krag wat U vir my gee.

Here ek weet dat ek voorheen godsdienstig was en myself ‘n Christen genoem het, maar ek was nie ‘n dissipel nie. Ek was baie teleurgesteld dat niemand my by die kerk voorheen gewys het dat as ek myself ‘n Christen wil noem ek ‘n dissipel moet wees nie.

Dankie Here dat U altyd saam met my is as ek gehoorsaam aan U is en gaan dissipels maak.

Here ek het voorheen gedink dit is net die dominie wat na mense moet uitreik maar ek sien dat dit vir almal bedoel is. Help my om dit in my daaglikse lewe toe te pas.

Amen

Besluite vir Vandag

  • Wil ek Jesus volg deur ‘n dissipel te word? Indien ek ‘n dissipel is, met wie bestudeer ek die Bybel tans om ‘n dissipel te word? ‘n Dissipel maak tog dissipels, nie waar nie.
  • Gaan ek my laat doop vir die vergifnis van my sonde en om die Heilige Gees te ontvang? As ek ‘n dissipel is wie is die volgende persoon wat ek gaan doop?
  • Wie kan my leer om te onderhou wat Jesus beveel het, wie is waarlik ‘n dissipel? As ek ‘n dissipel is, wie is ek besig om tans te leer om die woord te onderhou soos Jesus beveel het? Wat is ek besig om hulle te leer?
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s