Die Woorde van God – Wie is die Regter in jou lewe? – Deel 9 van 9

Verse vir Vandag

“En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel.” – JOHANNES‬ ‭12:47-48‬ ‭AFR83‬‬

Praktiese Toepassing

  1. Jesus het nie aarde toe gekom om ons te veroordeel nie maar om ons te red
  2. Hoekom moet ons gemotiveerd wees om die Bybel te bestudeer? Die Bybel gaan ons oordeel op die laaste dag.
  3. Hulle se as ek 15 minute spandeer op ‘n dag om Bybel te lees en bid is dit 1 uit 96 ste van my dag. Dan spandeer en net oor die 3 dae per jaar aan God. Ek dink nie dit is ‘n aanvaarbare statistiek nie. As die ewige lewe regtig belangrik vir ons is sal ons meer en meer tyd daaraan wil spandeer nie minder en minder nie. Ek dink ‘n aanvaarbare tyd is ten minste ‘n uur. Ek dink maar daaraan as ons met ons vriende kuier is dit partykeer 5 of 6 ure want ons geniet dit. Spandeer so tyd met God dat hy dit daadwerklik sal geniet.

Gebed vir Vandag

Here naand. Ek dank U dat ek U woorde kan he wat ewige lewe gee. Dankie dat U vir ons ‘n gids gegee het waarvolgens ons lewe kan orden. Here dit is letterlik ‘n geestelike gids om U beter te leer ken en te groei in ons verhouding met U.

Help my om I woorde aandagtig te lees en toe te pas want dit gaan my op die laaste dag oordeel of veroordeel.

Here dit is so goed as wat ek die oplossing het vir kanker maar ek volg nie die handleiding nie.

Here ek weet dat ek voorheen die Bybel gelees het vir 5 min maksimum maar nooit uitgegaan het om dit te bestudeer en regtig uit te vind wat daarin staan.

Here ek weet dat om my Bybel in die oggend te lees is die beste tyd van die dag om met U te begin, dan kan ek toepas wat ek geleer het deur die dag.

Here dankie vir U liefdesbrief vir ons waarde gee, vertroos, bemoedig, vrede gee, in die waarheid onderrig, help om dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en die regte lewenswyse te kweek.

Amen

Besluite vir Vandag

  • As ek voor ‘n regter gaan staan oor ‘n saak in my lewe gaan ek seer sekerlik my voorberei vir die saak. Hoe voorbereid is ek met my saak met die Here? Indien ek nie voorbereid is nie wat gaan ek daaromtrent doen? Soos die ingilse se “Talk is cheap”
  • Steur ek my aan Jesus se woorde?
  • Weet ek op watter punte ek gaan geoordeel word? Hoe vaar ek sover daarin as ek myself ‘n punt uit 10 uit moet gee. Ek weet mens kan nie werklik ‘n punt toedien aan ‘n verhouding nie maar ek weet of my vrou gelukkig is met my of nie? (glimlag) Dieselfde met God, sal Hy gelukkig met jou wees?
  • Hulle se as jy jou lewe wil verander dan moet jy iets aanpas in jou daaglikse roetiene. Wat het jy nodig om aan te pas in jou daaglikse roetine? Dalk ‘n uur vroër gaan slaap sodat jy ‘n uur vroer kan opstaan om met God tyd te spandeer?
  • As iets belangrik genoeg vir jou is sal jy dit laat maak gebeur, kom wat wil. Waaroor is jy passievol voor in die lewe? Is jou verhouding met God no. 1? Enigeiets wat ‘n hoër prioriteit geniet as God is jou afgod. Kou aan daai ene.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s